Wanneer die toekoms in ons waarneming duister voorkom, is ons geneig om terug te trek en veilig te speel. Dis nie nou die tyd om jou kop uit te steek nie; konsolideer eerder, dink ons dan.
Maar is kleiner gaan, veilig speel, verskrik wegkruip ooit geregverdig?
Heb 13:8 leer ons dat Jesus Christus gister en vandag dieselfde is – tot in ewigheid. Sy woord is onomkeerbaar, Sy beloftes ‘onberoubaar’.
Daarom is dit eerstens gerusstellend, maar dan ook ń uitdaging, dat die Here vir ons in Ps. 37:3 dié opdrag gee: ‘Vertrou op die Here, en doen wat goed is: bewoon die aarde en beoefen getrouheid’. Die woord ‘bewoon’ word in die skeppingopdrag in Gen. 1:28 verduidelik: ‘Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers …’.
Die omstandighede rondom ons het so maklik die effek dat ons wil ophou met die rol waartoe ons geroep is. Maar dié opdrag staan ongeag dit wat ons om ons sien en beleef. Die opdrag staan ongeag die situasie waarin ons ons bevind; in ons land of in my persoonlike wêreld, ongeag enige negatiwiteit wat ons omring; en in die slegste van omstandighede, geld dit meer as ooit.
Dus, ongeag wat ookal, doen goed, bewoon en bewerk en wees getrou aan jou roeping.
Groetnis
Related posts:
No related posts.