24/7 National Hotline: 0860 163 272 info@neasa.co.za

Die uitdagings voor ons is prominent in die gedagtes van Suid-Afrikaners. Ons is bekommerd, daar’s selfs onderdrukte paniek. Alhoewel ons situasie inderdaad uiters uniek is, is bekommernis en vrees nie uniek nie. Alle mense, selfs in die mees vreedsame omstandighede, waar ookal in die wêreld, vind ń rede om te bekommer. Vir elkeen is sy/haar probleem uniek en die berg oënskynlik onoorkomelik.

‘Wittes’, en weens unieke redes ‘afrikaners’, vind die huidige situasie in Suid-Afrika uitermate kommerwekkend, tot die mate waar baie dit vir hulself uitgemaak het dat daar nie uitkoms is nie. Ons kan nie sien hoedat die politieke situasie in Suid-Afrika goed vir ons gaan uitspeel nie. Ons weet nie wat ons moet doen nie.

Ons moet egter nie rigting verloor nie. Ps 37:5 gee die volgende opdrag – dis meer as net raad; dis ń opdrag: “Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom”. Dan kom die belofte: “Hy sal dit uitvoer”. Dit is ons werk om ons ‘pad’ aan die Here oor te gee, te doen wat Hy aan ons gee om te doen; Hy neem dit op Hom om ons weg voorspoedig te maak, oneidig meer as wat ons ooit self kan doen.

Hierdie is ń enorme kopskuif; in geloof gee ons ons pad vir Hom. Die deel wat ons moet doen, wys Hy ons – om te bekommer is nooit een van die take wat Hy aan ons gee nie.

Niks, NIKS, is vir Hom onmoontlik nie.

Groetnis