24/7 National Hotline: 0860 163 272 info@neasa.co.za

Soos wat ek my pad loop, daar waar omstandighede, verantwoordelikhede en uitdagings my vat, sien ek dikwels iets van die hart van die Vader.

So hou ek Sanet (my vrou) en ons Snauzer (Pepper) dop; hy wat voor haar gaan sit en na haar kyk en sy wat presies weet wat hy nodig het. Sy blote kyk na haar is genoeg vir haar om sy behoeftes te verstaan en daaraan te voldoen.

As dit so is met Sanet en Pepper is, ‘hoeveel te meer’ word daar aan ons behoeftes voorsien as ons met verwagting na die Vader kyk? Hy is meer bekend met ons behoeftes as onsself. Ons kan Hom volkome vertrou met die volmaakte uitkoms op die regte tyd.

Groete vriend

Gerhard Papenfus