24/7 National Hotline: 0860 163 272 | Email: info@neasa.co.za
Leierskap op die rand van chaos.
LEIERSKAP
OP DIE RAND VAN CHAOS
Jy word uitgenooi, saam met jou kollegas of besigheidspan, vir ‘n lekker saamkuier-aand; ‘n unieke geleentheid om die jaar af te sluit met vars en nuwe hoë-impakgedagtes oor leierskap en 'besigheid wat werk' om die nuwe jaar sinvol aan te pak. Tussen drie totaal uiteenlopende sprekers, Theo Venter, Gerhard Papenfus en Callie Roos hanteer ons:
Hoe lyk die Suid Afrikaanse landskap vir besigheid en wat is die imperatiewe vir sukses.
Hoe hanteer ek aspekte rondom veranderingsbestuur sinvol vir volhouding.
Hoe fasiliteer ek groei en wat beteken dit vir my benadering tot leierskap en bestuur.
Die ekstra bonus is die bekendstelling van die boek ‘CALM - to advance in business.’ In die boek beskryf Callie die misterie van groei en verandering in besigheid en die sukses verhaal daar agter.