top of page

24/7 National Hotline: 0860 163 272 | Email: info@neasa.co.za

Dec 2, 2024

|

MEDIA VERKLARING

2 Desember 2024

Minister van Arbeid stoom voort met implementering van raskwotas in die nastrewing van die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) ideale


Op 28 November 2024 het die Departement van Indiensneming en Arbeid die implementeringsdatum van die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming (EEAA) as 1 Januarie 2025 geproklameer.


Terwyl NEASA van voorneme is om die grondwetlikheid van sekere bepalings van die EEAA aan te veg, het die Departement ten minste gehoor gegee aan NEASA se waarskuwings om nie die regulasies en rasgebaseerde sektorale teikens terselfdetyd te implementeer nie.


Sedert President Cyril Ramaphosa die EEAA in April 2023 onderteken het, het NEASA aan beide die voormalige Minister Thulas Nxesi en sy opvolger, Minister Nomakhosazana Meth, geskryf en hulle gewaarsku dat die regering nie van magte is om enige regulasies op te stel, daaroor te konsulteer, of uit te voer totdat die EEAA nie amptelik geïmplementeer is nie.


NEASA is van mening dat alle konsultasies en openbare deelname prosesse, met betrekking tot die voorgestelde konsepregulasies en rasgebaseerde sektorale teikens, onregmatig is, aangesien die EEAA nog nie geïmplementeer is nie.


Indien die Departement voortgaan en enige van die huidige konsepregulasies of -teikens implementeer, sal NEASA regtelik aansoek doen om ‘n interdik om hierdie onreëlmatige proses te verbied.


NEASA bly onomwonde gekant teen enige wetgewing wat 'n werkgewer dwing om werknemers op enige ander basis as die werkgewer se selfbepaalde besigheidsvereistes aan te stel. NEASA sal, in die lig van hierdie dreigende rasgebaseerde teikens, voortgaan om te veg vir die vryheid van werkgewers om hul besighede te bestuur soos hulle goeddink, sonder onredelike staatsinmenging.


UITGEREIK DEUR

Gerhard Papenfus

Uitvoerende Hoof (NEASA)


MEDIA NAVRAE

Charis Esema-Onaolapo

Media Skakelbeampte (NEASA)

083 393 4435

NEASA Media Departement

media@neasa.co.za

POPULAR TOPICS

bottom of page